Professor dop die toets
Onderstaande brief is deur Leendert van Oostrum geskryf aan Beeld, as reaksie op die aanval van prof. Jonathan Jansen op Christelike onderwys en tuisonderwys. Leendert van Oostrum is voorsitter van die Pestalozzi Trust.
---------------------------------------------------
Professor Jonathan Jansen se verkrampte onderrok hang weer 'n myl ver uit in sy artikel "Dié universiteit hou gevaar in" (Beeld 5/9/12). Daarin trek hy te velde teen die idee van 'n Christelike Afrikaanse universiteit en teen tuisonderwys.
In sy drang om sy premoderne idees oor die Sosiologie van die Onderwys te verkondig, verklap hy 'n growwe onkunde oor die onderwerp waaroor hy skryf.
Onder die meer as vyftig geregistreerde private universiteite in Suid-Afrika is daar een wat reeds amper twintig jaar lank, deur medium van Afrikaans, geakkrediteerde grade in gereformeerde teologie en in die sielkunde en opvoedkunde aanbied. Ek weet ook van private universiteite wat sonder skroom verkondig dat hulle onderskeidelik vanuit Katolieke, Baptiste en Adventiste-perspektiewe onderrig. Beskou die professor hulle ook as "gevaarlik"?
Met sulke dwase uitsprake loop die professor die gevaar om die Malema van die intelligensia te word. Hy kry 'n "G" vir sy huiswerk.
Waar dit tuisonderwys aangaan, wil ek die prof graag nooi na die eerste globale konferensie oor tuisonderwys wat in November vanjaar in Berlyn aangebied word, en wat deur beleidmakers vanoor die wêreld, insluitende onderwysnavorsers en parlementslede uit vele lande bygewoon en toegespreek sal word. Die hoofspreker was tot onlangs Direkteur-Generaal van Onderwys in Finland, wat deur UNESCO beskou word as die land met die beste onderwys ter wêreld.
Vriendelike groete,
Leendert van Oostrum

Events
Legal & Research
Homeschooling and the law
Home schooling was recognized in 1996 in Section 51 of the SA Schools
+ ViewCentres
Homeschool ABC
Support
Curriculums
Cambridge & International ...
As of 1 January 2025, Macmillan Education is the sole agent ...
GED through Learnalot - Grade 12 ...
Why enrol with Learnalot? With Learnalot, you have the flexibility ...
Frequently Asked Questions
-
Do home learners get homework?
In general all their schoolwork is homework and they do not get to do extra work in the afternoons. A tutor might give some extra work to complete...
-
How does homeschooling work?
Homeschooling is different for every family as it depend on the parents educational goals for their children Education is the development of the...
-
Is home education often used as a smoke screen to hide child neglect?
State interference in home education is often justified as something that can identify situations where home education is used as a smoke screen to...
-
Do home learners sometimes wish they were in school and were normal?
They generally like being homeschooled. Some homelearners go to school for the experience but many return to homeschooling as within the homeschool...
Has no content to show!

Comments