Dit help om op te staan vir jou regte
In Suid-Afrika vereis die wet dat tuisleerders geregistreer moet wees by die staat. Aangesien die provisiale owerhede in Suid-Afrika of nie die administratiewe kapasiteit het nie, of allerhande onwettige voorwaardes stel vir registrasie, word dit beraam dat 99% van die tuisleerders in Suid-Afrika nie by die staat geregistreer is nie.
In die state Illinois en Missouri van die VSA, word dit selfs nie eens vereis dat tuisleerders moet registreer nie. Onlangs was daar egter 'n poging deur die owerheid van Illinois om wetgewing in te stel waarvolgens tuisleerders wel geregistreer moet word. Deur te mobilieer het tuisskolers egter hierdie poging gefnuik.
Onder die voorwendsel dat die owerheid graag die tuisleerders wil help, is wetgewing beplan on tuisskolers te verplig om te registreer.
Ouers, tuisleerders en ondersteuners het egter gemobiliseer en saamgekom in die gebou waar 'n kommitee van die senaat van die staat die voorgestelde wetgewing sou aanhoor. Terwyl die kommitee die voorstel aangehoor het, het die skare liedere gesing soos "God Bless America" en "Amazing Grace". Die senator wat die wetgewing voorgele het, het toe besluit om die kommitee mee te deel dat hy nie die voorgestelde wetgeweing verder sal voer nie, as gevolg van die onvoorsiene gevolge daarvan.
Hierdie voorbeeld illustreer dat dit kan help indien tuisskolers opstaan teen onregmatige beperkings op hulle vryheid om tuisonderwys te gee.

Events
Has no connect to show!
Legal & Research
Homeschooling and the law
Home schooling was recognized in 1996 in Section 51 of the SA Schools
+ ViewCentres
Homeschool ABC
Support
Curriculums
Frequently Asked Questions
-
Do homeschoolers take holidays?
Yes, they take breaks. Some homeschool families follow the public school year calendar especially if they are involved in sport and music...
-
Can I be a working mom and homeschool?
Single parents who are committed to homeschool organize a schedule around their work commitments and sometimes involve family or tutors to assist...
-
Is home education often used as a smoke screen to hide child neglect?
State interference in home education is often justified as something that can identify situations where home education is used as a smoke screen to...
-
Is homeschooling legal in South Africa?
Yes. Since 1994, the right for parents to home educate their children was legalised in South Africa through the adoption of the new constitution. In...

Comments